Het u geweet -
1) - dat die Bybel ons leer dat ons NIE hemel of hel toe gaan na ons dood nie, selfs al bevorder die meeste godsdienste en baie gewilde TV-programme die valse geloof dat ons by die dood na 'n ander lewende dimensie oorgaan? Die Bybel leer nie die onsterflikheid van die siel nie. Wat dit ons wel leer oor die ontsaglike menslike potensiaal wat God vir ons beplan het, sal u opgewonde maak!
2) - waarom en hoe die besluit van Adam en Eva om die vrug uit die verbode 'boom van kennis van goed en kwaad' teen die uitdruklike opdrag van God te eet, die mensdom deur die eeue so negatief beïnvloed het?
Die Bybelse antwoorde op al hierdie vrae kan gevind word in ons gratis gids Waarom is U Gebore? Dit sal u met ontsag en wonder vir ons groot Skepper vul!