“Dink aan die dinge wat tevore was, van ouds af, dat Ek God is, en daar is geen ander nie; Ek is God, en daar is niemand soos Ek nie; wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sê: My raad sal bestaan, en al wat my behaag, sal Ek doen" (Jesaja 46:9-10)
Wêreldgebeure kan met die eerste oogopslag in 'n toestand van algehele verwarring en wanorde lyk - maar dikwels het hulle hul wortels in Bybelse profesieë. Hier vind jy die nuus, die verlede en die hede, met 'n Bybelgesinde fokus.
Hierdie sewe profesieë, sommige vervul en sommige onvervuld, moet waar word voordat Jesus Christus terugkeer aarde toe. Vir die eerste keer in die geskiedenis is elkeen moontlik. Sal hierdie geslag Jesus se wederkoms sien?
Meer as drie dekades ná die ineenstorting van die Sowjetunie in 1991, is Rusland aggressief besig om homself op die wêreldtoneel te laat geld, wat vrese vir 'n hernieude Russiese ekspansionisme verhoog. Hoe kan dit in Bybelprofesie afspeel?
Hoe sal die wêreld uiteindelik vrede vind? Wat sal gebeur voordat dit uiteindelik gebeur? Die Bybel openbaar baie besonderhede oor eindtydgebeure en die belangrikste tendense wat tot Jesus Christus se wederkoms sal lei. Lees hierdie boekie om die antwoorde te leer.
Bybelprofesieë openbaar nog een supermoondheid voor die wederkoms van Jesus Christus, wat met geweld en wreedheid sal regeer soos geen mag tevore nie. Sy val sal kom wanneer Jesus Christus terugkeer om die Koninkryk van God te vestig—die finale supermoondheid wat die wêreld ooit sal sien.
Die "vier ruiters van die Apokalips"—laasgenoemde is die Griekse naam vir die boek Openbaring—het Bybellesers al eeue lank gefassineer. Wat verteenwoordig hulle? Die implikasies vir die mensdom is verbysterend.
Net soos Hy belowe het, kom Jesus Christus binnekort terug. Wanneer Hy kom, sal Hy die menseregerings van die wêreld vervang met Sy eie Koninkryk van vrede en vreugde. Vind uit hoe Jesus se heerskappy op aarde sal lyk en hoe u daar kan wees om dit te kan beleef.
Waarheen is ons oppad? Is daar hoop vir die toekoms? Gaan u veilig wees? Die Bybel het die antwoorde...
Baie mense glo dat die boek Openbaring net slegte nuus bevat. Alhoewel dit openbaar waar ons optrede en besluite ons sal neem, wys dit ook hoe die mensdom uiteindelik 'n wêreld van vrede sal ervaar. Is die boek Openbaring vandag relevant? Is dit vir ons moontlik om dit te verstaan? Kan ons weet aan wie dit geskryf is en hoekom? Wat is die betekenis van die geheimsinnige simbole? Sodra u die boodskap van Openbaring begryp, sal u ook sien dat dit die merkwaardigste boodskap van hoop bevat wat ooit geskryf is. Die fundamentele boodskap daarvan is duidelik en die einde daarvan is seker.
Hierdie boekie verduidelik die oorsake van konflik in hierdie onbestendige streek, tussen Arabiere en Jode en tussen Oosterse en Westerse kulture. Dit handel nie net oor die verlede en hede nie, maar oor die toekoms soos geprofeteer deur geïnspireerde skrywers meer as 2,000 jaar gelede. Huidige konflikte kan nie verstaan word sonder om dit in hul historiese konteks te plaas en die hedendaagse invloede wat daardie historiese vlamme aanblaas, te herken nie.
Bybelprofesie oor die eindtyd praat oor hierdie geheimsinnige figuur. Is hy die een wat geïdentifiseer word as die "man van sonde" en die "vals profeet"? Of is daar meer daarby betrokke? Die antwoord is diep persoonlik en dwing Christene om die kern van hul verhouding met Jesus Christus te ondersoek.
Die grootste en mees blywende dinastie in wêreldgeskiedenis toon tekens van vergaan. Maar sal dit? Om die toekoms van die Britse koninklike familie te verstaan, moet ons hoe die monargie begin het, en waarom, ondersoek.
Waarheen is ons oppad? Is daar hoop vir die toekoms? Gaan u veilig wees? Die Bybel het die antwoorde...