Die kommunistiese rewolusie wat meer as 100 jaar gelede in Rusland begin het, het uiteindelik baie nasies in sy greep meegesleur. Rusland se invloed op Amerika en die res van die wêreld duur voort op maniere wat min mense besef of erken. Bybelprofesie gee sterk aanduiding dat Rusland 'n belangrike rol in eindtydgebeure sal speel. Sy onlangse optrede in die Oekraïne volg op 'n lang geskiedenis van imperialistiese onderdrukking. Lei hierdie gebeure die wêreld terug na die rand van kernuitwissing? In 'n lang profetiese uiteensetting van eindtydgebeure, het Jesus Christus gesê dat in die laaste dae voor Sy wederkoms “sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou nie gewees het nie” (Matteus 24:21).