Gqeberha
Leraar: Clive Demont
Welkom by die UCG gemeente in Gqeberha.
Hallo en welkom op ons webwerf. Ons verwelkom graag mense wat die ware betekenis van die lewe en God se plan vir elke persoon wat nog ooit geleef het wil vind. Ons is 'n klein groepie, maar ons het baie interessante en opwindende insette van verskillende leraars regoor die wêreld.
As u op soek is na die waarheid van die Skrif en om deel te wees van die geestelike liggaam van Jesus Christus, moedig ons u aan om saam God te kom loof in ons kerkdiens. U sal u plek in God se algemene meesterplan vir die mensdom vind.
Ons onderhou die Bybelse sewende dag Sabbat en volg dieselfde geloofstellings, leerstellings en praktyke soos in die Nuwe Testament uiteengesit is. Ons opdrag is om die evangelie van die komende Koninkryk van God aan die hele wêreld as getuie te verkondig en om al die nasies te leer om wat Christus beveel het, te onderhou. (Matteus 24:14 - En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot 'n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom. Matteus 28: 19-20).