Visie-verklaring

'n Kerk gelei deur God se Heilige Gees, saamgevoeg en saamverbind deur wat elke lidmaat verskaf, met almal wat hul deel doen en in liefde groei om God se groot doel vir die mensdom te vervul om baie kinders na die heerlikheid te bring (Efesiërs 4:16; Hebreërs 2:10).
UCG ZA Seal

Missie-verklaring

Die missie van die United Church of God, an International Association, is om die evangelie van Jesus Christus en die Koninkryk van God in die hele wêreld te verkondig, dissipels in alle nasies te maak en vir daardie dissipels te sorg.

Begeleidende Beginsels

Ons glo dat ons Vader ons deur Jesus Christus tot 'n verhouding met Hom en mekaar geroep het. Ons glo die onveranderlike Woord van God wys hoe om liefdevolle verhoudings te bou (1 Johannes 1:3) en om meer soos Jesus Christus te word.

 

  • Daarom sal ons daarna streef om te leef volgens elke Woord van God, gelei deur Sy Heilige Gees in nederigheid, wat hierdie verhoudings in staat sal stel om te groei en te floreer.

 

  • Ons glo dat God die Vader, deur Jesus Christus, besig is om Sy Kerk te bou, wat gebou is op die fondament van die apostels en profete, Jesus Christus self is die hoofhoeksteen, en ons word ook as lewende stene in 'n geestelike huis ingebou (Matteus 16:18, 1 Korintiërs 3:9, 1 Petrus 2:5).

 

  • Daarom groei ons as lede van die huisgesin van God saam tot 'n heilige tempel vir 'n woonplek van God in die Gees (Efesiërs 2:19-22).

Ons glo dat God se plan van verlossing elke individu insluit wat hulle aan Hom en Jesus Christus onderwerp (1 Timoteus 2:4). Sy plan sluit in die roeping en vervolmaking van diegene wat nou bekeer word, sowel as diegene wat in die komende eeue tot bekering sal kom.

  • Daarom is dit die plig van die Kerk om 'n boodskap van hoop en 'n oproep tot bekering te verkondig, om alles te onderhou wat Christus beveel het, en om lede van die Liggaam van Christus voor te berei vir diens.

Ons glo die hele mensdom sal uiteindelik die geleentheid kry om te leer van Jesus Christus se lewe, dood en opstanding en die goeie nuus van die Koninkryk van God. Ons glo dat die evangelie aan elke individu 'n geleentheid bied om deel van God se familie te word (Handelinge 10:34-35).

  • Daarom, om die doeltreffendheid van die evangelieboodskap te maksimeer, poog ons om alle mense te bereik op 'n manier wat hulle kan verstaan met 'n gebalanseerde mengsel van leerstellings, profesieë en Christelike lewe—met die erkenning dat enige blywende vrug geproduseer word deur die krag van God se Heilige Gees.

Ons glo dat die mensdom dringend die evangelieboodskap nodig het voor die gebeure rondom Christus se wederkoms. Ons glo Jesus het Sy Kerk opdrag gegee om te verklaar wat gaan kom, om te waarsku oor die gevolge van sonde, om bekering te verkondig en om die hoop op ewige verlossing te verkondig (Matteus 24:13-14, 21; 28:18-20).

  • Daarom neem ons die Kerk se verantwoordelikheid om die evangelie met ywer en 'n gevoel van dringendheid aan hierdie wêreld te verkondig, baie ernstig op (Johannes 9:4).

Posisionerings-verklarings

Ons glo dat die bou van betekenisvolle, godvrugtige verhoudings in die Skrif geleer word.

Daarom moet ons:

  • Een word in God en Christus deur die Heilige Gees.
  • Lief wees vir God en Sy gebooie onderhou.
  • Lief wees vir mekaar soos Christus ons lief het.
  • 'n Christus-agtige diens te leer en daarvolgens te leef.
  • Die waarheid openlik in goddelike liefde weergee.
  • Goddelike verhoudings tussen almal bevorder.
  • 'n Bediening van versoening wees.

 

Ons glo ons moet daarna streef om tot die eenheid van die geloof en van die kennis van Christus te kom, om leierskap vir die Kerk te ontwikkel en om 'n volk voor te berei vir werke van diens.

Daarom moet ons:

 

  • Diepgaande Bybelse leerstellings voorsien
  • Die groot vrae van die lewe beantwoord—bestaan God, wie is God, wat is God, wat is Sy doel, wie is die mens, wat is die mens, wat is ons doel, en wat is ons verhouding met God?
  • Opleidings- en opvoedkundige programme vir leraars, lidmate en jeug ontwikkel.
  • Die nodige fasiliteite vir ons plaaslike gemeentes, asook vir opleiding en opvoeding doeleindes, verskaf.
  • Die beste opleidings- en opvoedingsprogramme implimenteer

 

Ons glo dat Christus ons die opdrag gee om die evangelie in die hele wêreld te verkondig.

Daarom moet ons:

  • Die hele Kerk versterk in die uitvoering van sy missie om die evangelie te verkondig.
  • Lede motiveer om soos Christus te wees en om ligte in die wêreld te wees.
  • Die mees geskikte metodes om verskillende gehore te bereik, gebruik.
  • Die mees effektiewe media-tegnologie gebruik om 'n relevante, inspirerende, transformerende boodskap aan die wêreld te lewer.
  • Die media gebruik om by ons gehoor betrokke te raak.
  • Die beginsels van die Mediagidsbeginsels toepas (sien bylaag).

Doelwitte

Gemeentelike Sorg:

'n Geestelike liggaam wat groei in liefde, geregtigheid, eenheid, Christus-agtige diens, genade en vrede.

Organisatoriese Administrasie:

Kommunikasiekanale en administratiewe beleide en praktyke wat doeltreffendheid, eenheid en goddelike verhoudings tussen werknemers, leraars en vrywilligers verbeter.

Openbare Proklamasie:

Verkondiging van die evangelie van Jesus Christus en die Koninkryk van God, wat voortdurend toeneem en verbeter in effektiwiteit, impak en globale omvang.

UCGia

Get Your Free Subscription to Beyond Today Magazine

Beyond Today magazine is available to you at no cost whatsoeverPlease provide your details below.